Castle Bravo

Die silindervormige bom, gemonteer in die kajuit waar dit later ontplof is
Ontploffing van Castle Bravo met die gevolglike paddastoelwolk
Mediese ondersoek van eilandbewoners wat stralingsiekte opgedoen het

Castle Bravo is die kodenaam van die eerste waterstofbom van die Verenigde State wat op 1 Maart 1954 op Bikini-ringeiland in die Marshalleilande getoets is. Castle Bravo was die kragtigste kernwapen wat die VSA ooit gedetoneer het en 15 megaton se energie is daardeur vrygestel. Dit was aansienlik sterker as die vooraf verwagte 4 tot 6 megaton.[1] Die bom het groot skade aan die omgewing veroorsaak en is die ergste voorval van radioaktiewe besoedeling wat die VSA tot op hede veroorsaak het.

  1. http://nuclearweaponarchive.org/Usa/Tests/Castle.html besoek op 8 Oktober 2013

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search